Barbara Engelbrecht

Dankie vir al die gelukkige jare saam met Ouma, vir al die geselsies en boodskapies. Wens ek kan nog net een daggie saam Ouma spandeer. Rus sag en rus in vrede.

Baie baie Lief vir Ouma
Hailey XOXOXOXO

Ouma was baie kosbaar en baie Liefdevol, sy het altyd omgegee en uitgevra oor ons belangstellings en skool. Ouma het een jaar vir my die beste try ooit gebrei, sy het uit haar pad uit gegaan om vir my n Stomers trui te brei. Ek wens ek kon nog net een keer vir haar n drukkie gee en dankie se alles wat sy gedoen het.

Ouma gaan gemis word.
Baie Liefde
Calvin

Ek wens ek kon Ouma nog stick vir n breakfast by spur. Wie sou dink dit sou ons laaste kuier wees. Hier is n laaste soentjie en drukkie op papier. Wens ek kon dit gouer stuur. Ons gaan ouma se borrelend persoonlikheid mis.

Baie Liefde
Jade

Daar is so baie om te se, ek gaan ouma se geselsies mis, die boodskapies wat altyd op die reg tyd gestuur was as of Ouma geweet het wat aan gaan sonder om te vra.

Daar is geen woorde om te se hoe baie Ouma gemis gaan word nie, al het ons nie elk dag gepraat nie, net die gedagte dat ouma nie meer daar is nie breek my.

Die Here het Ouma kom haal, Ouma kan nou in vrede rus sonder pyn, sonder die wêreld se probleme.

Rus in vrede Ouma.
Baie baie Liefde

Juan

Ouma se gesiggie kom nog op my what’s apps op asof ouma nog hier is, en ons more weer n mooi boodskappe of iets gaan ontvang.

Ouma het seker gemaak die susters doen n deeglike job, sy het hulle op hul tone gehou. Ek het altyd so gelag wanneer ons gesels het, en sy het na ‘n regte stoute oumatjie geklink. My laaste woorde aan haar was ” soet wees ouma” want ek het geweet sy is weer besig met een of ander “investigation” soos sy dit sou noem.

Ouma se stem en lag was hard, maar haar hart was sag. Ek gaan ouma bitter baie mis.

Liefde
Bonita

Geliefde Moeder

Daar is seker dinge wat men’s se as iemand lewe soos om blome te gee en dankbaarhied te betuig

As kinders het ons die wonderlikeste ma gehad, dit was nie maklik om seuns alleen groot te maak nie, maar ons is vandag wie ons is as gevolg van Ma, ons het goeie mense geword, al moes ons baie pak kry ma het geweet wat die beste is vir ons. 

Ons is jammer vir die grys hare wat ons ma gegee het, maar dit was maar deel van groot en oud word.

Daar is nie baie dinge wat ma kon onder kry nie,  en vir al die swaarkry en moeilike tye ek is seker die Here was by ma gewees en het ma begelei en all die krag gegee om daar deur te kom.

Ek weet ma het ook trane soos ons almal geduurend hier die tyd het, want ons kon nie afskeid neem nie, maar die Here het ander plane gehad, ons sal mekaar eendag weer sien en dan sal daar weer vrolike oomblik wees.

n Nuwe paatjie le voor  vir ma en ons as famielie maar ek glo ons sal deur alles kom die Here Sal ons vertroos en versterk.

Ek hoop en glo ma het al die famielie ontmoet al wat voor ons gegaan het.

Op n persoonlike nota Baie dankie aan al die famielie en vriende vir alles wat julle vir my ma gedoen het mag die Here julle ook ryklik seen in die toekoms.

Riaan Harmse