John Peter Hood

Huldeblyk/ Eulogy

Op 08 Junie 1949 is John Peter Hood, 2de kind van Peter James & Anne Elizabeth Hood gebore. John bring  sy  kinderjare  deur  in  Rietondale  Pretoria.  Hy  matrikuleer  in  1967  te  Hoërskool  HF  Verwoerd, waarna  hy  dan  sy  militêre  diens  in  die  vloot  by  die  Bluff  in  Durban  voltooi.  Hy  &  sy  eerste  liefde, Agnes Wilcocks trou in die  herfs van 1970 & verwelkom hulle eersteling Peter James in die lente van 1971. David Wilcocks & Robin-John volg daarna.

In 1968 begin hy sy loopbaan by die Department van Openbare Werke in Pretoria. Tydens die periode vanaf  1977  – 1987    is  hy  &  die  gesin  deel  van ‘n  handjie  vol    amptenare  wat  Parlementêre  diens voltooi. Na hy ‘n diplomatiese plasing in die buiteland van die hand wys, word hy laat in die tagtigs bevorder  na  die  Kantoor  van  die  Staatspresident.  Met  die  veranderinge  in  Suid  Afrika  in  die  vroeë negentigs  verander  sy  eie  loopbaan  ambisie  &  hy  aanvaar  ‘n  betrekking  by  die  Stadsraad  van Johannesburg verantwoordelik vir seremoniële dienste & protokol.

Hy was dadelik tuis in Johannesburg & ontmoet in die tydperk sy laaste liefde, Hester Tredoux. Met die knoop van hulle huwelik verwelkom hy nog drie seuns in die familie. Met 65 rondtes voltooi, tree hulle af in Bronkhorstspruit maar verhuis na sy eie hemel op aarde – die Oog Aftree Oord in 2016.

Op  6  Julie  2020  om  15h33  blaas hy  U  laaste  asem  uit.  Hy los  ‘n  merkiein  elke  persoon  se  lewe.  Sy ondeunde blou oë vir altyd toe. Ons is ewig dankbaar vir jou.

Sweetheart

Pa

Oupa Ek

Oupa Akkedis

John

Jonna

JPY

Huldeblyk/ Tribute Robin-John Hood

John Peter Hood was known by many different names to different people. To me he was Dad: Friend, trusted advisor, teacher.

He taught me about Duty, Honour, Courage & Respect. I will forever be grateful for the time I had you in my life.

I love you Dad & I will miss you & our talks. I pray that you now find the peace you deserve!

With Love  

Robin-John, Angelica & Ashleigh

A Successful Man by Bessie Anderson Stanley

That man is a success who has lived well, laughed often & loved much;

Who has gained the respect of intelligent men & the love of children;

Who has filled his niche & accomplished his task; who leaves the  world  better than he found it;

Who has never lacked appreciation of the earth’s beauty or failed to express it;

Who looked for the best in others & Gave the best he had!

Skriflesing/ Scripture reading

John 14 verse 1  13

1 “Do not let your hearts be troubled. You believe in God; believe also in me.

2 My Father’s house has many rooms; if that were not so, would I have told you that I am going there to prepare a place for you?

3 And if I go and prepare a place for you, I will come back and take you to be with me that you also may be where I am.

4 You know the way to the place where I am going.”

5 Thomas said to him, “Lord, we don’t know where you are going, so how can we know the way?”

6 Jesus answered, “I am the way and the truth and the life. No one comes to the Father except through me.

7 If you really know me, you will know my Father as well. From now on, you do know him and have seen him.”

8 Philip said, “Lord, show us the Father and that will be enough for us.”

9 Jesus answered: “Don’t you know me, Philip, even after I have been among you such a long time? Anyone who has seen me has seen the Father. How can you say, ‘Show us the Father’?

10 Don’t you believe that I am in the Father, and that the Father is in me? The words I say to you I do not speak on my own authority. Rather, it is the Father, living in me, who is doing his work.

11 Believe me when I say that I am in the Father and the Father is in me; or at least believe on the evidence of the works themselves.

12 Very truly I tell you, whoever believes in me will do the works I have been doing, and they will do even greater things than these, because I am going to the Father.

13 And I will do whatever you ask in my name, so that the Father may be glorified in the Son.

John 4 verse  13 & 14

13 Jesus answered, “Everyone who drinks this water will be thirsty again,

14 but whoever drinks the water I give them will never thirst. Indeed, the water I give them will become in them a spring of water welling up to eternal life.”

Groet sonder woorde

Koos du Plessis liedjie opgevoer deur Corneli Tredoux

Laat ons nie praat nie; die tyd is verby.
Niemand is kwaad nie en albei is vry.

Kom kyk deur die ruite:
Die nag staan in blom. Woorde hoort buite, want hartseer is stom.

Lê jou kop hier teen my skouer; laat jou hart sy paaie gaan.
Stilweg word ons wys en ouer
eendag sal ons dalk verstaan.

Maar, tot die ruit kraak onder skoene wat geen
ander hart, of tuiskoms ken, gun ek my nog visioene van een wat die hele wêreld wen.

Jy hoor my nie meer nie;
ek sê maar totsiens,

En sal jou nie steur nie; ek loop ongesiens, want jy is in oorde waar drome nog blom.

Ek groet sonder woorde, want hartseer is stom.

Oupa Ek

Hier sit ek vanaand
Staar in diepte
Met gedagtes van
Herinneringe en verlange

Waar ek dink
Weet ek nie self
Maar al te siene
‘n Prentjie

Twee Seuns
Een jonk van hart
Die ander jonk
Albei in rooi glimlagte

Ek is nou groot
Maar ek is nou net een
Alleen maar dra steeds die glimlag
Nie oor blydskap

Eerder oor die herinneringe van
Grappies
Belangstelling
Gesprekke
Stompies
Whisky en die
Rooi Ferrari

Al wat oorbly is gedagtes
Die man wat ek kan wees
Die pa wat ek wil wees
Die invloed wat ek wil uitstraal

Nie alleen maar saam
Vir Ewig saam my
In die rooi hart
Met ‘n groot glimlag

Dankie Oupa Ek

John Hood 14 Julie 2020

My hart se punt

Ek sien

Wanneer ek nou opkyk na die blou hemelryk sien ek keer, op keer soveel meer.

Meer as die wolke wit, wat staar en sit.
Meer as die grote maan,
wat kom en gaan,

Ek sien ‘n lug-trein
deur landsgrense verdwyn.
Hy reis na te vore t’rug na jou spore.

Ek sien engele sing, terwyl jy dans en spring.
Ek sien jou sonder sonde seer, hopelik vining weer.

My hart se punt

Tot dan.
Sal ek moet aan gaan.
En my hart maar wag,
want hy is puntloos tot daardie dag.

Nika Joon Hood 11 Julie 2020

Huldeblyk/ Tribute Annemarie Ferns

JOHN HOOD

Wat ‘n pragtige inspirerende mens om jou jeugjare mee te kon deurbring.

Saam fiets getrap tussen Duncanstraat en Rietondale in Pretoria. Soms John op die carrier agter!!

Saam musiek geluister na Bob Dylan, die Shadows en die Beatles. Hy ken elke woord en elke noot en dan twist ons dat die biesies bewe. Oom Tjaart en tannie Toekie se sitkamermat deurgetrap.

Saam stories gepraat oor sport veral die Formule 1 en dan na Kyalami. Daar praat ons nie. Kyk net na Jodi Scheckter en Stirling Moss. Plakkate van renmotors op sy kamermure, Bridget Bardot en Racquel Welch.

Saam vakansie gehou op die plaas Klipfontein in die Burgersdorp distrik. Ritte na Durban met oom Pieter en tannie Babs. Ek en John moes gedissiplineerd agter sit.

Aandete in die hotel, John soos sy pa perfek geklee in ‘n snyerspak, modieuse das en volstruisleerskoene. Saam braaivleis gehou in Rudolfstraat 601, Constantiapark en tot laatnagte na John en Willem se vergange dae se musiek geluister en gefilosofeer.

So ken ons John deur die jare as ‘n meelewende en belangstellende persoon met oneindige positiwiteit tot ons laaste oproep. “Antjie ons gaan binnekort saam ‘n Riekie Louw drink en dan saam luister na Mr Tambourine Man play a song for me… In the Jingle Jangle Morning I’ll come following you”.

Annemarie Ferns (neé Steenekamp)

Huldeblyk/ Tribute Sonie Steenekamp

JOHN PETER HOOD (8.6.1949 – 6.7.2020)

Dit is so waardevol dat ons by ‘n geleentheid soos hierdie kan reflekteer op ou lewensverrykende verhoudinge. Dit stel ons in staat om ons aardse lewenskringlope te voltooi.

John was nie net my neef maar ‘n ware mentor as skoolkind, student en in my vroeë huweliksjare. Ongelukkig, soos in vele jongmensverhoudings, ontstaan daar een of ander tyd afstand vir geen kwade redes soos huwelikke, kinders, verhuising en dies meer. So het ek vir etlike jare geen kontak met John, Agnes en Hester gehad nie. Ek is so dankbaar dat ek die laaste kosbare maande met hom en Hester weer kon skakel . Ten spyte van hierdie groot tydsgaping kon ek hom weer opnuut ervaar met al sy opgewekte manerismes. Ek deel met julle net enkele anekdotes uit ons verlede.

John was alternatief en ‘n regte karakter. Hy was uitbundig opgewek en dit het hom altyd die ware gees van ‘n familie byeenkoms gemaak. Sy hand- en armswaaie was deel van sy lyftaal en jy moes dit saamlees met sy skerp gedagtegang. Hierdie manerismes glo ek is deel van die Hood (en ja, Steenekamp) DNA. Hy was in baie opsigte ‘n kloon van sy pa Pieter James. Sy skerp intellek het hy ook in gemeen gehad met sy briljante broer Thomas Henry wat 11 jaar ouer as hy was, maar op ‘n jong 47 jarige ouderdom oorlede is.

John was ongelooflik entoesiasties oor sake wat na aan sy hart was. Hierdie entoesiasme het hom ietwat onoortuigbaar gemaak. ‘n Porche 906 was eenvoudig beter as ‘n Ford GT40. Sy liefde vir motorsport het hy met my gedeel en dit so in my wakker gemaak. Saam het ons vele dae en nagte langs die Kyalami renbaan tydens Formule 1 en die Nege uur uithouwedrenne, meegemaak.
John was ‘n baie kunstige mens. Dalk was dit net ‘n fase in sy en Agnes se lewe, maar sy kreatiwiteit is duidelik in die twee kunswerke wat in my besit is: een in olie en die ander ‘n pragtige vlak houtsneewerk. Julle sal sy kuns ook in sy netjiese handskrif optel. Ek dink hy sou ‘n uitstekende argitek gewees het. Met sy letterkunde belangstelling is ek nie so bekend nie, maar ek moet bely dit is hy wat my bekend gestel het aan Xaviera Hollander se Happy Hooker!
Sy andersoortigheid kom ook na vore in sy musiekbelangstelling. Hy was ‘n “rocker” en het baie waardering gehad vir Bob Dylan, Leanard Cohen en rock bands soos The Who, die Stones en in ‘n mindere mate, die Beatles. The Who se Who’s Next? album het hy eendag, sommer spontaan, vir my gegee omdat ek gaande was oor die Tommy snit. Dit is hoe hy was. Hy het vreugde geput om net te gee! As ek reg onthou was John ‘n lid van ‘n band en ek onthou hoe hy vir ure die grammefoon draaitafel se armpie gemanupileer het en die lirieke van sy gunstelingsnitte getranskribeer het. Wat vassteek in my geheue was die Stones se Mother’s Little Helper wat begin met die woorde “What a drag it is getting old…”. En dan natuurlik was daar Bob Dylan se Mr Bojangles wat hy oor en oor gespeel het. Die snit begin so:
“I knew a man Bojangles and he’d dance for you in worn out shoes Silver hair, ragged shirt and baggy pants, that old soft shoe
He’d jump so high, he’d jump so high, will he likely touch down ? Mr. Bojangles, Mr. Bojangles, dance…”

Ek groet jou Neef John en sê: dans voort! Tjaart (Sonie) Steenekamp

Huldeblyk/ Tribute Jannie Steenekamp

JOHN PETER HOOD

MY EERSTE 6 JAAR (1946 TOT 1951)

As ek terug dink aan die verlede en wanneer ek John die eerste keer gesien het, is dit toe hy nog ‘n baba was.

Sy ouers, Oom Pieter Hood en Tannie Baps het vanaf Jamestown na Pretoria verhuis. Hier is vir hulle ‘n huurhuis gevind.
Die huis was regoor die straat waarin my ouers , ‘n losieshuis in Jacob Maraisstraaat Pretoria, bedryf het.

John se Moeder, Tannie Bapsie en ons Pa, Oom Tjaart was broer en suster en John se Oupa Jan en Ouma Anne het by ons in die losieshuis “Radyn” gebly.

Ek was toe so 5 Jaar oud en my speelmaat was sy ouer broer Thomas.

Van John wou ons maar min weet aangesien hy nog in ‘n baba bedjie gelê het. DIE VOLGENDE 4 JAAR (1952 TOT 1955)
Ons Oupa Jan is in 1952 oorlede en die losieshuis word verkoop. Ons verhuis na 23 ste Laan Rietfontein en die Hoods na 21 ste Laan.
Ek kan hierdie tydperk onthou as die begin van die GROOT TREK en KUIER van families van heinde en vêrre. Veral die mense van Burgersdorp en Jamestown wat hulle in Pretoria kom vestig het. Natuurlik was dit groot opgewondenheid en die oor en weer se gekuier het begin.

DIE VOLGENDE 14 JAAR (1956 TOT 1970)

Ons verhuis na Duncanstraat 568 Hatfield en die Hoods na Nealstraat 9 Rietondale. Dit is hier waar ons oor en weer bymekaar gekuier en gespeel het.
Ek en John het al hoe meer in motorvoertuie en motorfietse begin belangstel. John het ‘n langspeelplaat met die “Le Mans 24 uur” wedren in die hande gekry.

Die gramefoonplaat is oor en oor gespeel sodat ons die gebrul van die Ferrari’s en die Mercedes Benz sportmotors kon hoor.

Later jare het hy my gereeld bygestaan en gevolg toe ek met motorfietse op Kyalami begin jaag het.

Hy het ook ‘n intense belangstelling in ammunisie gehad en ‘n groot versameling opgebou. Met ons troudag was hy die voorbok om my kar op te spoor en met blikke en balonne te merk. DIE VOLGENDE 7 JAAR (1971 TOT 1977)
Ons verhuis na Bergvliet Kaapstad en die Hoods kom jaarliks na Akasiapark vir die Parlementsitting.

Weer eens maak ons kontak met mekaar en kuier en braai die aande lekker saam. TWEE JAAR GELEDE (2018 TOT 2020)
Sowat 2 jaar gelede besluit ek om weer met John kontak te maak.

My suster het nog sy telefoon nommer en ons word hartlik uitgenooi na hulle wooneenheid by Bronkhorstpruitdam. Dié dag sal ons nooit in ons lewe vergeet nie.

Hester het ons so hartlik ontvang en kon ons weer lekker oor die ou dae gesels.

Die aand van ons 50 ste jaar troudag herdenking op 13 Oktober 2018 was net so ‘n verrassing en aangenaam. Die Hood familie het geen moeite ontsien om John met rystoel en al, die trappies op en later weer af te dra. Hoe lekker het ons nie saam gekuier! Toe het ons nie geweet dat daar min dae oor is vir een van ons.
Net aangename herineringe. “DIS DIE BLOND
DIS DIE BLOU DIS DIE VELD DIS DIE LUG DIS AL”

My Neef.
Jannie Steenekamp